BEKENDSTELLING

Struwig Eko-Reservaat is geleë in die Balule reservaat, wat deel uitmaak van die Groter Kruger Nasionale Park eko-sisteem. Dit beteken dat alle heinings oor ‘n gebied van meer as twee miljoen hektaar verwyder is, sodat die natuurlike beweging van diere herstel is.  Ongelukkig beteken dit nie dat daar direk deur die gebied na die Kruger Wildtuin gery kan word sonder om deur die amptelike toegangshekke te gaan nie. 

Ons beskik oor meer as vier kilometer se rivier front langs die Olifantsrivier, een van Suid-Afrika se grootste riviere. Hier baljaar olifant, krokodil en seekoei in die koel water, terwyl leeus ons snags serenade. Ja, al die lede van die Groot 5 kom vrylik op Struwig voor … maar nog soveel meer !

Struwig is ‘n voëlkyker paradys! Visarend, Sneeubal, ‘n magdom Visvangertjies, Sysies, Watervoëls en as jy gelukkig is … die seldsame Visuil.

Hardekool, Maroela, Sambokpeul en reuse Jakkalsbessies op die oewer. Kameelperd, Njala, Koedoe, Waterbok, Sebra, Buffel, Muskeljaatkat of Luiperd in die bos ...

Wat Struwig verder besonders maak is ons eksklusiwiteit! Ons grond word nie oorval deur groot groepe besoekers, sodat jy feitlik moet vuis slaan om behoorlik te kan sien nie! Die ervaring sal een van natuur, stilte en rustigheid wees, nie die gedrang van mense en motors nie. Ons bied die eksklusiwiteit wat net sommige van die top reservate in Suid-Afrika kan bied, maar teen ‘n tarief wat die gemiddelde Suid-Afrikaner nog kan bekostig!

Ons nooi u: Kom beleef God se skepping op ‘n nuwe manier. Kom kyk wild in ons luukse wildsbesigtigingsvoertuig. Verken saam met ‘n gewapende gids die wonder van die bosveld te voet. Kuier snags om ‘n bosveldvuur terwyl u oor die Olifantsrivier uitkyk. Of kom rus net onder ‘n majestieuse Jakkalsbessie boom. Bespreek die unieke wegbreek vandag nog!

Aktiwiteite

Begeleide Staptogte bied die perfekte omgewing om dierespore te volg, plante, bome en insekte te identifiseer en sommige van die mooiste voëllewe van die gebied te bespeur.

Ander aktiwiteite

Bos ete

Vir spesiale geleenthede is daar niks meer spesiaal as om onder die sterre te eet by een van Struwig se legendariese bosetes nie. Met flikkerende lanterens en die geluide van die Afrika-bosveld met ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse ete, is alles gekombineer om 'n unieke eetervaring te skep.

Wildritte

Ervaar die Afrika-bos met ons gekwalifiseerde veldwagters in ‘n wildbesigtigingsvoertuig. Ons bied 3 begeleide wildritte per dag gedurende die somermaande en wintermaande (tye wissel volgens seisoen), wat u die geleentheid gee om leeu-, olifant-, renoster-, buffel-, luiperd- en seekoeibewegings te ervaar. Ander spesies wat jy kan sien, is Kameelperde, Waterbok, Kudu, Rooibokke, Zebra, Blou Wildebees, Vlakvark, Krokodil, Gevlekde hiëna, Vaalboskat, Ystervark, Tierboskat en soms Luiperd. (Geen diere besigtigings kan belowe word nie. Diere loop vry tussen die Groter Kruger Nasionale Park area).

Geen eie voertuie word toegelaat op die paaie van Struwig Eko-Reservaat nie behalwe toegang vanaf die hoofhek na die hoofkamp.

Olifants Rivier Boot Safaris

Swerf op die waters van die pragtige Olifants rivier op die 'Kambaku' huisboot wat krokodille, seekoeie, buffels, olifante, waterbokke en 'n wye verskeidenheid ander spesies op die groen oewer van die rivier kyk. Olifantsrivier Safaris vat jou op 'n onvergeetlike 2 tot 3 uur lange reis op een van die grootste riviere in die Krugerwildtuin.

Voëlkyk

Struwig Eko-Reservaat bied 'n ongelooflike voëlkykervaring, met 'n verskeidenheid van meer as 500 voëls spesies. Somertyd (Oktober - Maart) is 'n voëlkyker se vreugde aangesien sommige van die mooiste voëls ter wêreld in die noordelike winter vlieg vir 'n somervakansie in Suid-Afrika. Roofvoëls is algemeen - arende soos Breëkoparend, Swartborsslangarend, Bruinslangarend, Grootjagarend en Visarend word gereeld gesien. In die somermaande maak Bruinarend, Steppe-arend en Gevlekde arend ook hul verskyning. Ander roofvoëls, soos Berghaan, Kaalwangvalk, en aasvoëls word gereeld gesien, sowel as verskillende valk spesies. Daar is uitstekende voëlkyk om by die park se talle watergate en riviere te wees. En moenie vergeet van die Neushoringvoëls, Glansspreeu,Troupant, Byvreters en Laksman wat die alomteenwoordige avi-fauna tipeer nie. Om die groot 6 (Saalbekooievaar, Gompou, Breëkoparend, Swartaasvoël, Visuil en Bromvoël) te beoefen, is 'n uitstekende voëlkyk-soeke..

Kontak besonderhede

Posbus 1478, Hoedspruit, 1380

Besprekings:

Sel: +27 (0)71 907 7960
E-pos: info@struwigeko.co.za

Bestuur:

Sel: +27 (0)78 976 6031
E-pos: struwigoper@iafrica.com

  • Besoek gerus ons Facebook blad :Facebook

Algemene Inligting

Geskiedenis en ontstaan

Historiese informasie

Struwig Eko-Reservaat het sy ontstaan te danke aan die visie van Mnr. P.C. Struwig. Oom Struwig en sy vrou was kinderloos, maar wou graag hulle eiendom nalaat aan die jeug van Suid-Afrika. In sy testament het hy dus die grond wat vandag bekend staan as Struwig Eko-Reservaat, sowel as ‘n paar ander eiendomme, in ‘n trust geplaas wat beheer sou word deur verteenwoordigers van sekere jeug en kultuur-organisasies.

Sy visie was dat hierdie grond sou dien as ‘n plek waar die mense van Suid-Afrika sou kom ontspan en die wonder van die Afrika bos kon geniet. Ná ‘n ingewikkelde ontstaansgeskiedenis, het dit vandag gekristaliseer dat Struwig Eko-Reservaat bestuur word deur ‘n trust bestaande uit verteenwoordigers van die Rapportryers, Die Voortrekkers en die Nederduitse Gereformeerde Kerk.

Benutting

Struwig is oop vir enige persoon om te kom besoek. Daar word wel voorkeur tariewe gegee vir lede van die Voortrekkers, Rapportryers en Nederduitse Gereformeerde Kerk. Ons tariewe is egter van so ’n aard dat dit ’n bekostigbare wegbreek vir almal bied! Nêrens anders sal hierdie tipe eksklusiewe natuur ervaring teen hierdie prys gekry word nie!
Struwig is natuurlik ideaal vir ‘n gesinsvakansie, maar is net so geskik dat organisasies kampe, seminare, kursusse en beplanningsgeleenthede hier kan kom aanbied.

Hoekom nog wag?

Reservaat Geriewe

Struwig Eko-Reservaat is die ideale plek vir alles van ‘n gesinsvakansie, familie wegbreek en jou besigheid se beplanningsgeleentheid, tot gemeente-, manne-, vroue-, en jeugkampe.

Ons beskik oor 8 chalets (2 tot 8 bed), en die eenhede is toegerus met ‘n eie kombuis en badkamer. Elke eenheid het sy eie braaiplek. Daar is ook ‘n rolstoel vriendelike eenheid.

Ons Jeugsentrum is ideal vir jeugkampe en konferensies. Dit is ‘n pragtige grasdak kompleks met slaapplek vir tot 42 persone.

‘n Groot kombuis is beskikbaar vir groter groepe wat die jeugsentrum bespreek. Die kombuis is volledig toegerus met gasstowe, oonde, yskaste en vrieskaste. Etes kan geniet word by die lapa voor die kombuis terwyl die gaste uit kyk oor die Olifantsrivier.

Ons het ‘n pragtige sentrale lapa met ‘n braai area wat uitkyk oor die Olifantsrivier. Die rivier word saans verlig en dit is dus nie ongewoon om te sit en diere kyk terwyl gebraai word nie.

‘n Konferensiekamer is beskikbaar vir vergaderings. Hierdie fasiliteite moet vooraf by die bestuurder bespreek word.

Dundee Boskamp is ongeveer 4km van die hoofkamp en kan 30 persone akkommodeer. Die kamp area is groot genoeg vir kampeering, seil tente (5m x 10m) wat elk 15 persone kan akkommodeer kan gehuur word. Die boskamp is ideal vir skoolkampe, oorlewings kampe en kerk kampe. ‘n Donkie verskaf warm water vir die buite storte en basiese sanitasie geriewe is beskikbaar. In die aande kan almal rustig om die kampvuur kuier tot in die ou nag. Die kamp het ook plek vir eie boswa of eie tente. Hierdie kampeerplek is egter beperk, en U moet met besprekings skakel t.o.v. beskikbaarheid.

Die toegangspad tot by Struwig kan met tye redelik ongelyk wees, maar dit word gereeld onderhou en is toeganklik met ‘n gewone sedan motor. Alle wild besigtiging op die reservaat word met die reservaat se eie besigtigingsvoertuie en gidse gedoen.

Die reservaat is ten volle selfsorg, spyseniering kan egter gedoen word, U moet egter 'n week voor U aankoms reël daarvoor. Bring ook eie swem handdoeke. Aangesien Struwig in ‘n natuurreservaat geleë is word geen troeteldiere toegelaat nie. Dit is in ‘n Malaria gebied geleë. Tref asseblief die nodige voorsorg.

Struwig bied ook ‘n vrywilliger program waar die vrywilliger die geleentheid kry om betrokke te raak by die natuurbewaringsaktiwiteite. Vrywiligers word gehuisves in Uitsighuis. Dis die ideale geleentheid om uit te kom in die bos en nuwe mense te ontmoet.



Voorwaardes en tariewe

Verblyf tariewe per nag per persoon

Ingesluit by eenhede A tot H - Gratis 2 ure wildrit en 1 bondel hout;

Kinders onder 5 jaar gratis en 6 tot 12 jaar 50% van volwasse tarief per nag

Eenheid Beskrywing Maks Gaste Per persoon per Nag
A Eenheid met beddegoed en handdoeke 8 R 480.00
B Eenheid met beddegoed, handdoeke en lugversorging 2 R 500.00
C Eenheid met beddegoed, handdoeke en lugversorging 6 R 500.00
D Eenheid met beddegoed en handdoeke 2 R 480.00
E Eenheid met beddegoed en handdoeke 2 R 480.00
G Rivier uitsig Eenheid met beddegoed, handdoeke en lugversorging 2 R 580.00
H Rolstoel vriendelike Rivier Eenheid met beddegoed, handoeke en lugversorging 6 R 545.00
Z Hele Oewer Kamp - Sonder Jeugsentrum - Maks 28 gaste 28 R 13 525.00

Ander kostes en tariewe

Beskrywing koste
Hekfooi - in en uit - verpligtend R205.00 per voertuig
Wildrit - 2 ure R 125.00 per persoon en Kind 6 - 12 jaar R63.00
Wildrit - 4 ure R250.00 per persoon Kind 6 - 12 jaar R125.00
Begeleide Staptogte 1.5 - 2.5 - 3.5 uur - Min 4 persone min 16 jaar R225.00 - R340.00 - R425.00 per persoon
Brandhout R 60.00 per Bosveld bondel en R27.00 per Hardehout sakkie
Bosbraai (voedsel ingesluit) R 435.00 per persoon
Oewerkamp Spyseniering R 110.00 per persoon vir noen ontbyt en R210.00 per persoon vir aandete
Boskamp uitslaap - min. 5 persone R130.00 per persoon - R65.00 per kind 6 tot 12jr
Boskamp 5x10 Tent R324 p/dag - minimum 2 dae
Jeugsentrum Maksimum 42 gaste R140.00 per persoon en Kinders 6 tot 12jr R70.00 per kind - geen beddegoed en wildrit
Spyseniering in kamp vir groepe Per Kwotasie - in kamp

Kanselasie beleid:

  • kansellasiefooi betaalbaar vir ʼn kansellasie 4 weke en meer voor die dag van aankoms : 10%
  • kansellasiefooi betaalbaar vir ʼn kansellasie 8-31 dae voor die dag van aankoms : 50%
  • kansellasiefooi betaalbaar vir ʼn kansellasie 0-7 dae voor die dag van aankoms : 100%
  • indien persone nie opdaag is : 100% steeds betaalbaar
Die reservaat behou die reg voor om tariewe enige tyd aan te pas.

Besprekings

Om te bespreek of beskikbaarheid na te gaan, volg hierdie skakel, of kliek op ons Logo

As alternatief kan U die onderstaande vorm voltooi waarna ons sal poog om sgm te reageer!

Voornaam: Van: Telefoon Nommer: Selfoon Nommer: Epos Adres: Detail van navraag:
Sleutel asb bg nommer in kassie hier onder:



Staptogte

Hierdie gedeelte is nog onder konstruksie!

Our Campsite

Daar is twee boskampe beskikbaar.

  • Boskamp 1 – Maks.
  • Boskamp 2 – Maks..
Beide boskampe is selfversorgend  

Konferensie fasiliteite

Die gedeeldte is onder konstruksie.

Doen navraag oo die kostes

Elements

Text

This is bold and this is strong. This is italic and this is emphasized. This is superscript text and this is subscript text. This is underlined and this is code: for (;;) { ... }. Finally, this is a link.


Heading Level 2

Heading Level 3

Heading Level 4

Heading Level 5
Heading Level 6

Blockquote

Fringilla nisl. Donec accumsan interdum nisi, quis tincidunt felis sagittis eget tempus euismod. Vestibulum ante ipsum primis in faucibus vestibulum. Blandit adipiscing eu felis iaculis volutpat ac adipiscing accumsan faucibus. Vestibulum ante ipsum primis in faucibus lorem ipsum dolor sit amet nullam adipiscing eu felis.

Preformatted

i = 0;

							while (!deck.isInOrder()) {
							print 'Iteration ' + i;
							deck.shuffle();
							i++;
							}

							print 'It took ' + i + ' iterations to sort the deck.';

Lists

Unordered

  • Dolor pulvinar etiam.
  • Sagittis adipiscing.
  • Felis enim feugiat.

Alternate

  • Dolor pulvinar etiam.
  • Sagittis adipiscing.
  • Felis enim feugiat.

Ordered

  1. Dolor pulvinar etiam.
  2. Etiam vel felis viverra.
  3. Felis enim feugiat.
  4. Dolor pulvinar etiam.
  5. Etiam vel felis lorem.
  6. Felis enim et feugiat.

Icons

Actions

Table

Default

Name Description Price
Item One Ante turpis integer aliquet porttitor. 29.99
Item Two Vis ac commodo adipiscing arcu aliquet. 19.99
Item Three Morbi faucibus arcu accumsan lorem. 29.99
Item Four Vitae integer tempus condimentum. 19.99
Item Five Ante turpis integer aliquet porttitor. 29.99
100.00

Alternate

Name Description Price
Item One Ante turpis integer aliquet porttitor. 29.99
Item Two Vis ac commodo adipiscing arcu aliquet. 19.99
Item Three Morbi faucibus arcu accumsan lorem. 29.99
Item Four Vitae integer tempus condimentum. 19.99
Item Five Ante turpis integer aliquet porttitor. 29.99
100.00

Buttons

  • Disabled
  • Disabled

Form